‘n Jaar of wat gelede is ek op n stapnaweek in die Breederiviervallei. Wat n pragtige omgewing. Die woude is asemrowend en die fynbos vra legio foto’s deur die stappers – so mooi.
Die een ding wat effe gesukkel het die naweek, was die roetes. Ons het onsself nou maar eenmaal binne n japtrap aan’t soek gekry vir die roete. Gelukkig kan mens nie juis verdwaal nie, en so ‘off the beaten track’ sien jy mos veel meer as andersins. Jy ervaar meer.
Ons laaste oggend was nie anders nie en binne n kort bestek bevind ons onsself in die bosse. Maar hierdie mooie stuk veld wys toe sy lyf! Klippe, ligene, spinnerakke met doudruppels, proteas, grasse. Die beste vonds in die veld vanoggend, was egter n doë houtstomp wat deur boorwurms of torre of termiete in die proses van ontbinding, in n lieflike kunswerk omskep is. Dat n dooie ding so verskriklik mooi kon wees, het my geroer.
Vroeër die dag stuur ek vir Hermien, my kunstenaar en boomliefhebber-vriendin n artikel oor Wangari Maathai, die eerste ‘African woman’ wat die nobelprys vir vrede gewen het en wie 30 miljoen bome geplant het. (https://www.brainpickings.org/2019/06/04/wangari-maathai-the-woman-who-planted-millions-of-trees/?fbclid=IwAR14KfkTEeRASaIF9VaY6TUSlAcV7WlEqjZ0IIry6ofdBBXo7Vt1kVDTBP8).
Die artikel begin met:
Walt Whitman saw in trees the wisest of teachers and Hermann Hesse found in them a joyous antidote to the sorrow of our own ephemerality. “The tree which moves some to tears of joy is in the eyes of others only a green thing which stands in the way,” William Blake wrote in his most beautiful letter. “As a man is, so he sees.” Hoe verskriklik waar is dit nie!
En Hermien se opmerking toe sy later my boomstompfoto’s ontvang was bloot: Wat n lieflike dood.
©marikavanheerden