Press Enter / Return to begin your search.

Optredes

Ek vertel vir myself stories vandat ek my verstand gekry het. Eers later in my lewe het ek ‘n inkstem aan my stories gegee toe ek dit op sosiale media begin plaas het en toe eindelik ‘n boek, Daar’s sand in my are, selfpubliseer het.

Ek tree die afgelope 13 jaar as motiveringspreker op met my stories as bron. Van tuinkonserte, tente, kerksale, skole en teaters vertel ek stories op uitnodiging. Kom skep diep asem onder die sterre van die Bo-Karoo en Namibië en beleef saam met my hoe sand deur jou binnewêreld kan roer om die sin en die syn toegang te gee sodat jy jou voorhekkie sal oopstoot en jou hart bietjie op die voorstoep sal kom groet.

Hierdie vertellings en stories is eerlik en kom diep uit my hart en sal jou laat lag, soms laat huil en dalk ‘n bietjie laat dink.