Dit wat binne jou is, is voldoende vir jou om ‘n sinvolle lewe te lei. Elkeen is verantwoordelik daarvoor om hul eie sin te skep. Hier is die geleentheid.
Tydens ‘n Jou Storie werkswinkel word jy deur storievertelling bemagtig en gelei tot verhoogde selfkennis op jou pad om sin te skep. Om sin te ervaar bring mee dat mens gelukkiger, vryer en beslis meer oorspronklik leef. Ons is dus elkeen aan die stuur op pad na ons eie lotsbestemming.
Die werkswinkel is só saamgestel dat enige iemand daarby kan baat: van meer formele korporatiewe besighede tot skole en informeler organisasies of selfs groepe soos vriende- en ander belangegroepe.
Hierdie reistog deur jou binnelandskap op pad na ‘n sinvolle en gelukkiger uitkyk sit jou in beheer van jou ‘destiny’.
Brené Brown sê: “Owning our story and loving ourselves through that process is the bravest thing we’ll ever do.”
Marika van Heerden bied Jou Storie werkswinkels aan in Afrikaans en Engels. Sy is ‘n storieverteller en beskik oor ‘n nagraadse kwalifikasie in storievertelling as bemagtigingsmiddel.