Daar’s sand in my are
Hierdie kranige storieverteller, ’n boorling van Namibië, dra haar bundel vol mymeringe op aan elke mens en dier en bos wat die versugting na water ken en telkens opstaan uit ’n droogte – van watter aard ook al. “Ons is ’n tawwe lot, ons Namibiërs,” skryf sy op bladsy 118. “Ons maak dit deur die droogte- en die swaarkrytye. Ons het vasbyt in ons onderste waters en ons kan boonop droom.” Haar liefde vir mens en natuur en haar deernis vir diegene wat swaarkry loop soos ’n goue draad deur haar pennevrug. Sy put veral inspirasie uit geharde streke waar ontbering – in hierdie bundel verwoord sy veral die ritme van droogte en reën – aan die orde van die dag is, en waar mens en dier ten spyte van die uitdagings met bewonderenswaardige veerkrag voortbeur en die beste maak van hulle omstandighede.
Resensie deur Louise Viljoen. Vir volle resensie klik hier.
Ervarings wat hulself met woorde begin vorm en dan in sinne begin stap met die skrywer se hartsnare wat die leisels hou, gun ongetwyfeld ‘n storie die lewe. Hierdie bundel bevat stories en vertellings oor die skrywer se liefde, ervarings en verhoudings in die Boesmanland, die Karoo en Namibië.
Dis vars skryfsels vol energie wat die prag van die omgewing waarbinne sy haar bevind eerlik en op so ‘n wyse beskryf, dat lesers ‘n dieper sielsheid ervaar.
Daar’s sand in my are kom uit die murg en dis stories wat jou sal laat lag, soms sal laat huil en dalk sal laat dink. Al die vertellings en stories is voorheen op sosiale media gepubliseer en is deurlopend positief ontvang.
Die boek is beskikbaar in sagteband.
Besoek gerus my boekwinkel om ‘n bestelling te plaas.
Daar’s sand in my are
Die boek is ook beskikbaar op:
Weg-tydskrif
Oktober 2021
Katvoetverse
Met Katvoetverse neem Denise van Rensburg en illustreerder Marika van Heerden die leser op ‘n holderstebolder katvoetreis van avonture met allerlei vreemde karikature.
Van monsterbabas en tandmuisetende pa’s tot die spook van Uniondale, Antjie Somers en ‘n parmantige meermin of twee. Ideaal vir voorlees (4-6) en selflees (6-12).
Ook ‘n welkome uitkoms vir onderwysers en drama-afrigters op soek na material om tydens kunstefeeste en ander geleenthede voor te dra.