Toe my kankerbehandeling na 18 maande eindelik voltooi is, slaak ek ‘n sug van verligting, want ek is anderkant uit.
Dit was ’n amazing journey. Regtig. Sal ek hom weer loop om dieselfde groei te groei? Nee. Maar hy het op my bord geland en ek kon emosioneel sy slagoffer raak, of nie. Ek het nie.
Ek het my staan gestaan en nou loop ek my loop. Want dis hoe dit is.
Vir elke mens wat hierdie pad stap, chemo kry, weet wat Red Devil is en hoe hy met jou maak, onder die mes land en verinneweer word, bestraal word dat die velle waai en daarna elke liewe dag herinner word dat jy moet ligloop, vir jou wil ek sê:
Jy het nie n waarborg nie, maar jy het wel vandag.
Shed the shit – travel light.
Moenie na strooihalms gryp nie, kyk die monster in die oë.
Moenie te hard veg nie, journey eerder.
Wees braaf. Baie.
Bly getrou aan jouself.
Help ander.
Moet nooit toelaat dat iemand jou jammer kry nie.
Waardeer mense se pogings – hulle weet ook maar nie altyd hoe nie.
Maak seker dat n diepe dankbaarheid deel is van jou fondasie, want uit dankbare grond ontkiem sade wat groei tot lieflikhede.
Koester die mense wat jou belange op die hart dra. Return the favour.
Vergewe dié wat nie enduit kon saamstap nie.
Loop in jou eie waarheid met jou kop omhoog.
Leer dat daar inherent absoluut niks verkeerd is met jou nie.
En laastens, in Dan Brown se woorde:
The only way to triumph over death, is to have a masterpiece of a life!
Jancke het my pad gevolg en die skets was deel van haar matriek kunswerk. Sy het met n 0.05 dikte pen die skets gedoen deur kolletjies te druk. Dis my gesig binne n kankersel.